64 % Van globale landbougrond in KRISIS danksy plaagdoder-besoedeling.

Let asb: Sommige van die verklarings in hierdie berig is vertaal vanaf Engels na Afrikaans.  Om die oorspronklike berig/publikasie te lees in Engels, volg die skakels in die artikel.

In ‘n studie gedoen deur die Univeristeit van Sydney is bevind dat 64% van alle landbougrond in die wêreld in groot gevaar verkeer wat plaagdoders betref. Hierdie globale kaart van sowat 168 lande, dui aan watter lande die grootste risiko inhou vir plaagdoder-besoedeling, ‘n baie ernstige krisis:

Global Map of Pesticide RS
Globale kaart wysig risiko areas vir plaagdoderbesoedeling. Krediet: Associate Professor Federico Maggi, Dr. Fiona Tang, University of Sydney

Die studie, eers gepubliseer in Nature Geoscience,  het ‘n kaart opgestel wat besoedeling aandui van die sowat 92 chemikalieë wat gebruik word in algemene landbou plaagdoders in 168 lande.

Die studie het gekyk na die effekte op grondgesondheid, die atmosfeer, oppervlak en grondwater. Die kaart dui aan dat Asië met die grootste landoppervlakte, ook die grootste risiko inhou vir plaagdoderbesoedeling.

Die Universiteit van Sydney Navorser, en die hoof skrywer, Dr. Fiona Tang, sê dat die wydverspreide gebruik van plaagdoders in landbou – alhoewel dit produksie kan bevorder- groter implikasies kan inhou vir die omgewing, sowel as menslike en dieregesondheid.

“Ons studie het gewys dat 64 persent van die wêreld se bewerkbare land ‘n risiko loop vir plaagdoderbesoedeling. Dit is belnagrik omdat die wyer wetenskaplike literatuur gevind het dat plaagdoders nadelige impakte hê op menslike gesondheid asook die omgewing. ” Het Dr. Tang gesê

Plaagdoders kan vervoer word na oppervlakwaters (soos damme en riviere) en na grondwater deur afloop en infiltrasie. Hierdie proses besoedel water, asook drinkwater en verminder die bruikbaarheid van waterbronne.

Global-Map-Risk-of-Pesticide-Pollution-777x499
Rooi sirkels dui aan plekke met die grootste besoedelingsrisiko, waterskaarsheid hoë biodiversiteit. Krediet: Associate Professor Federico Maggi, Dr Fiona Tang, University of Sydney.

“Al wys die landbougrond in Oceania die laagste plaagdoder besoedeling risiko, word Australië se Murruy-Darling bekken beskou as ‘n hoë-kommer streek, beide weens die probleme met waterskaarste en die hoë biodiversiteit” het medeskrywer Assistent Proffessor Federico Maggi van die; School of Civil Engineering en die Sydney Institute of Agriculture gesê.

“Globaal wys ons werk dat 34% van die hoë-risiko areas in hoë-biodiversiteit streke val, 19% in lae en laer-middel inkomste nasies , en vyf persent in water-skaars areas.” het Dr. Tang gesê.

Daar is groot kommer dat die oorgebruik van plaagdoders die balans uiteindelik kan afgooi en die ekosisteme van die wêreld kan destabiliseer. Plaagdoders degradeer die kwaliteit van ons natuurlike waterbronne, wat plant, dier en mens op steun om te oorleef.

Wat kan ons voortaan verwag?

Die globale gebruik van plaagdoders word verwag om aan te hou styg soos die wêreld populasie groei na sowat 8.5 miljoen mense teen die jaar 2030. Volgens Assistent Professor Maggi, sal dit grootliks gebeur omdat plaagdoders meer plae en peste kan beveg sodat meer mense gevoed kan word.

Dr. Tang : “Al is dit noodsaaklik om voedselproduksie te beskerm vir menslike ontwikkeling, is dit ewe belangrik om plaagdoderbesoedeling te verminder sodat die biodiversiteit wat grondgesondheid onderhou beskerm kan word, funksioneer en bydra tot voedselsekuriteit”

Mede-outeur professor Alex McBratney, direkteur van die Sydney Institute of Agriculture aan die Universiteit van Sydney, het gesê: ‘Hierdie studie toon dat dit belangrik sal wees om residue jaarliks ​​deeglik te monitor om tendense op te spoor en om die risiko’s van plaagdoders te bestuur en te verminder.”

“Ons beveel ‘n wêreldwye strategie aan om oor te skakel na ‘n volhoubare, wêreldwye landboumodel wat voedselverspilling verminder, terwyl die gebruik van plaagdoders verminder word,” het die skrywers gesê.

Verwysing: “Risk of pesticide pollution at the global scale” deur Fiona H. M. Tang, Manfred Lenzen, Alexander McBratney en Federico Maggi, 29 Maart 2021, Nature Geoscience.
DOI: 10.1038 / s41561-021-00712-5

Hierdie navorsing is ondersteun deur die EnviroSphere-navorsingsprogram van die Universiteit van Sydney.


 

 


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »