Aamborstigheid

Wat is Aamborstigheid?

Meeste mense raak soms kort van asem, of dit nou is as gevolg van intense oefening of as hulle ‘n verkoue of sinusinfeksie opdoen. Kortasem is ook een van die primêre simptome van asma, ‘n toestand waar die lugweë van die long ontsteek en verstop word. As jy asma het, is jou longe meer geneig tot irritasie en jy kan meer gereeld asemhalingsprobleme ervaar as iemand sonder asma. Asma-simptome vererger sonder waarskuwing wat na ‘n asma-aanval kan lei. Dit kan selfs gebeur sonder dat enige fisieke aktiwiteit plaasgevind het.

Is kortasem ‘n teken van asma?

Aamborstigheid kan ‘n teken wees van asma. Fotografie: cottonbro van Pexels

Asemnood kan beteken dat jy asma het, maar gewoonlik sal jy dan ook bykomende simptome hê, soos periodes van hoes of ongemak oor die borskas. Ander simptome sluit ook in:

  • borspyn en benoudheid
  • vinnige asemhaling
  • oorbodig moeg voel as jy oefen of fisiese aktiwiteite doen
  • sukkel om snags te slaap

As jy een van hierdie simptome ervaar, raadpleeg jou dokter om vas te stel of dit asma-aanduiders is. Hierdie simptome kan ook die gevolg wees van ander gesondheidstoestande. Jou dokter kan assesserings doen om  die regte diagnose te gee.

Hoe kan ek asemnood behandel?

Die spesifieke behandeling van asemnood, hang af van die onderliggende oorsaak en die erns daarvan. As jy reeds met asma gediagnoseer het, kan jy die optrede bepaal op grond van die erns van jou kortasem.

Kruie vir Aamborstigheid:

Of jy nou te doen het met ‘n asemhalingsinfeksie of as jy chroniese asemhalingsprobleme het, soos asma, ‘n toegetrekde bors, chroniese brongitis of allergieë, troos jou daaraan dat ‘n paar wonder -kruie  moontlik kan help om die simptome te verlig.
(Klik op die skakels vir meer informasie of om produkte te sien wat hiermee kan help)

  • Mullein Blaar: Mondelings toegedien.
  • Wilde Swart Kersies (Cherry): Mondelings toegedien.
  • Marshmallow blaar en wortel: Mondelings toegedien.
  • Plantain Blaar: Mondelings toegedien. ‘n Salf kan ook aan die bors gesmeer word.
  • Gemmer: Mondelings toegedien.  Kry hulle hier in kapsule form.

Boererate vir Aamborstigheid:

  • Drink swart koffie. Kafeïene kan help op asemnood te verlig.
  • Stoom jouself met warm water en ‘n paar druppels peperment of bloekomolie.
  • Sit in ‘n gemaklikke posisie en posisioneer ‘n waaier voor jou gesig. Jy kan ‘n nat handdoek voor die waaier laat hang om koue lug na jou kant toe te waai indien die lug warm en bedompig is.
  • Probeer styfgetrekde-lip-oefeninge: Druk jou lippe teen mekaar en hou slegs ‘n klein opening tussen hulle. Haal diep asem deur jou neus vir ‘n paar sekondes en blaas stadig uit deur die opening vir 4x tellings. Herhaal ‘n paar keer.
  • Meng 3x druppels Teeboomolie ( Tea Tree) met 3 druppels Laventel olie (Lavender) en 50ml klapperolie (coconut). Maseer dit oor die bors, rug en skouers.
  • Vir ernstige gevalle kan ‘n uie kompress gemaak word. Sny ‘n ui fyn en kook vir 4-5 minute in ‘n klein bietjie water. Dreineer die uie en water deur ‘n lap. Maak seker die mengsel is nie te warm nie. Vou die lap met die mengsel binne in ‘n vierkant en sit op die bors. Jy kan ook vars medisinale kruie by gooi soos Roosmaryn of Kamfer. Maak jouself warm toe. Uie maak slym los en trek gifstowwe uit.

Kennisgewing & Vrywaring: Voordat u enige van die natuurlike middels, kruie of tuisrate op hierdie blad probeer, moet u eers met ‘n dokter of geneesheer raadpleeg. Sommige opsies kan teen bestaande of chroniese medisyne werk. CutiePie en alle betrokke persone in ons diens aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gevalle van nalatigheid met betrekking tot die inligting op hierdie blad nie. Die inligting hier gedeel is slegs vir opvoedkundige doeleindes.


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »