Blaas Probleme

Oorsig van Blaas Probleme:

Die blaas is ‘n sak-agtige orgaan in die onderste gedeelte van die buik. Die funksie daarvan is om urine wat uit die niere gestuur word, te stoor totdat die urine uit die liggaam vrygestel word. Blaasprobleme kom voor by vroue en mans van alle ouderdomme. Dit kan u lewensgehalte beïnvloed, insluitend daaglikse aktiwiteite, seksuele gesondheid en emosionele welstand. Indien u vermoed dat ‘n ernstige blaas probleem by u bestaan, spreek u geneesheer so gou moontlik

Algemene Blaas Probleme :

Koors is ‘n simptoom van moontlike blaasinfeksie.

Die mees algemene oorsake van blaas probleme is inflamasie van die blaas (Interstitial Cystitis) en Urienweginfeksie.

Die urienweg is normaalweg steriel, maar soms kan bakterieë deur die uretra binnesluip, wat die blaas met die buitekant van die liggaam verbind. n’ Urienweginfeksie kan enige deel van die urienstelsel beïnvloed, insluitend die blaas, urineleiers, uretra en niere. Dit kom egter die meeste voor in die blaas (sistitis). Vroue is baie meer geneig tot blaasinfeksie as mans.

Simptome van ‘n blaas kwaal:

  • Pyn of brand tydens urinering
  • Dringende behoefte om te urineer
  • Pyn of gevoeligheid in die buik
  • Dowwe, bloedige of onwelriekende urine
  • Lae graad koors
  • Gereelde behoefte aan urinering
  • Bloed in die urine

Kruie vir blaasinfeksie:

Sekere kruie kan anti-inflammatoriese eienskappe hê wat kan help met die behandeling van blaasinfeksie.
(Klik op die skakels vir meer informasie)

  • Paardebloemblaar / Dandelion Leaf:  Mondelings toegedien as ‘n tee.
  • Bosbessie / Cranberry: Tegnies ‘n bessie eerder as ‘n krui. Mondelings toegedien as ‘n sap of tee. Kom ook in kapsule form.
  • Knoffel / Garlic: Mondelings toegedien in kos, rou of in tee.
  • Kruisement / Spearmint: Mondelings toegedien in n tee of koue drankie.
  • Brandnetel / Common Nettle : Mondelings toegedien. Maak ‘n tinktuur : Bedek 2x koppies vars jong brandnetel met 30% alkohol in ‘n lugdigde glashouer. Los om te trek vir ten minste 24h voor gebruik.Hoe langer dit kan trek, hoe meer effektief sal dit wees. Neem 4-6 druppels elke 2-3 uur. Kry ook Brandnetel tee hier te koop.

Boererate vir blaasinfeksie:

  • Laventel en Roosmaryn in jou badwater kan verligting bring. Jy kan hulle vars, gedroog of in druppel form gebruik. Probeer gerus Antjies se Laventel Bad-tee of The Apothecary se Laventel Bad sout.  
  • Kaneel en heuning toegedien as ‘n tee het ook antibakteriele voordele.
  • Lennon’s se Bruindulsies, Balsem Kopiva & Haarlemensis werk almal wonderlik teen blaasinfeksies.
  • Drink gerus ook baie water en Rooibostee!

Kennisgewing & Vrywaring: Voordat u enige van die natuurlike middels, kruie of tuisrate op hierdie blad probeer, moet u eers met ‘n dokter of geneesheer raadpleeg. Sommige opsies kan teen bestaande of chroniese medisyne werk. CutiePie en alle betrokke persone in ons diens aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gevalle van nalatigheid met betrekking tot die inligting op hierdie blad nie. Die inligting hier gedeel is slegs vir opvoedkundige doeleindes.


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »