Bulbine frutescens (L.) Willd.

Bulbine frutescens (L.) Willd.
FamilIe: Asphodelaceae
Algemene name:  Balsem Kopieva, Geelkatstert, “Snotplantjie” (Afr.) Stalked Bulbine, Snake flower, Cat’s tail, Burn jelly plant (Eng.)


Wat is Bulbine Frutecens / Balsem Kopieva?

Die woord ;” Bulbine” kom van die Latynse woord wat uie of bol beteken. Hierdie naam is tog misleidend omdat die plante nie bolwortelstelses besit nie.
Balsem Kopiva is ‘n vinnig groeiende, sappige meerjarige plant met vlesige, reguit groen blare. Die plante verskil in blaarlengte.
Dit vorm verspreidende polle met grys/bruin stamme wat dikwels bywortels dra. Die klein stervormige blommetjies het 6 blomblare word gedurende die lente (of soms op ander tye) op ‘n regop, verspreide ras gedra. Die blomblare is geel of soms oranje, wat aantreklik kombineer met die sagte geel meeldrade om ‘n tweekleurige voorkoms te gee. Die vrugte is klein en kapsule-vormig en bevat swart sade wat deur die wind versprei word.

Waar kom dit oorspronklik vandaan?

Bulbine Frutecens groei welig in die droë valleie van die Oos-Kaap, maar is ook volop in die Wes en Noord-Kaap, en vandag al wydverspreid oor Suider Afrika.

Gebruike:

  • Die helder blomme van die Bulbine Frutecens lok bye na jou tuin!
  • Die jelly/gel binne in die blare kan gebruik word vir klein wonde soos: brande, veluitslag, blasé, insekbyt-plekke, gebarste lippe, koorsblare, mondsere, en gebarste droë velle.
  • Sekere kulture maak ‘n tee daarvan en drink dit vir verkoues, hoesbuie en artritis. (Dit word ook gebruik in Lennons e Produkte vir Niere, blaas en Rugpyne)

In die tuin:

Bulbine Frutencens is droogtebestand en is ‘n taai grondbedekker wat goed groei met die minimum sorg. Verwyder die dooie blomme om die plant aan te moedig om meer blomme te produseer. Hierdie plante verkies vol son, maar kan ook gedeeltelike skadu trotseer. Jy kan dit terugsnoei as dit onnet lyk. Voortplanting vanaf saad of steggies moet gedoen word in die lente.


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »