Diabetes

Wat is Diabetes?

Diabetes is ‘n toestand wat die liggaam se vermoë om bloedglukose te verwerk benadeel, andersins bekend as bloedsuiker. Jy kry 3 hooftipes diabetes nl:

  • Tipe 1 : Ook bekend as kinder-diabetes. Hierdie tipe vind plaas wanneer die ligaam nie insulien kan produseer nie. Mense met tipe 1 diabetes is afhanklik van kunsmatige insulien spuite.
  • Tipe 2 : Tipe 2 diabetes beïnvloed die manier waarop die liggaam insulien gebruik. Terwyl die liggaam nog steeds insulien vervaardig, in teenstelling met tipe I, die selle in die liggaam nie reageer op dit so effektief as wat hulle eens gedoen het. Dit is die mees algemene tipe diabetes, volgens die Nasionale Instituut vir Diabetes en Spysverteringstelsel en Niersiektes, en dit het sterk bande met vetsug.
  • Gestasie-diabetes:  Hierdie tipe kom voor in vroue gedurende swangerskap wanneer die ligaam minder sensitief raak vir insulien. Gestasie-diabetes kom nie in alle vroue voor nie en gaan gewoonlik weg rondom geboorte.

Minder algemene tipes diabetes sluit in: monogeniese diabetes en sistiese fibrose-verwante diabetes.

Prediabetes

Party mense is prediabeties, wat beteken dat hul bloedsuiker op die grenslyn lê van ‘n normale bloedsuiker vlak. ( Gewoonlik in die omgewing van
100 om 125 milligram per deciliter (mg / dL). Normale bloedsuiker vlakke sit tussen 3.3 tot 5.9 mmol/l,  waar ‘n persoon met diabetes ‘n vastende bloedsuiker veel hoër as dit sal wees. Prediabetes vlakke dui aan datdie bloedsuiker hoër as normaal is, maar nie hoog genoeg om te klassifiseer as diabetes nie. Mense met prediabetes beloop ‘n groter risiko om Tipe 2 diabetes te ontwikkel. Die risiko faktore van Tipe 2 Diabetes is:

  • Oorgewig
  • ‘n Familie geskiedenis van diabetes
  • Hoë kolesterol vlakke
  • ‘n Geskiedenis van hoë bloeddruk
  • Gestasie-diabetes of om geboorte te gee aan ‘n baba groter as 4kg
  • ‘n Geskiedenis van PCOS (Polycystic ovary syndrome)
  • Ouer as 45 jaar van ouderdom
  • Om ‘n passiewe leefstyl te lei

Prediabetes kan in meeste gevalle omgekeer word met gesonde eetwyses, oefening en deur ‘n paar kilogramme af te skud. (Manna Blood Sugar Support kan hiermee help)

Hoe gebeur insulien probleme?

Dokters is nie seker wat Tipe 1 diabetes veroorsaak nie. Tipe 2 diabetes se oorsake is meer helder:

Het jy geweet: ‘n Paar koppies groentee per dag kan diabetes help behandel? Foto: Karolina Grabowska van Pexels
  1. ‘n Persoon het genetika of leef in ‘n omgewing wat dit moeilikker maak vir hul liggaam om genoeg insulien te produseer.
  2. Die liggaam probeer meer insulien produseer om die ekstra bloedglukose te prosesseer.
  3. Die pankreas kan nie voor bly met die lading nie, en die ekstra bloedsuiker begin dan in die bloedstroom sirkuleer – wat skade veroorsaak.
  4. Oor ‘n tydperk begin insulien minder effektief raak en bloedsuiker vlakke hou aan styg.

In die geval van Tipe 2 Diabetes, neem insulien weerstandigheid geleidelik toe.

Wat kan jy doen?

Indien jy diabeties of pre-diabeties is sal jy leefstyl aanpassings moet maak. Dit is ‘n goeie idee om ‘n dieetkundige te spreek wat jou kan help om ‘n gesonde en gebalenseerde eetplan uit te werk. Hier is ‘n paar van die stappe wat gevolg kan word tot ‘n gesonder leefstyl:

  • Eet ‘n dieet hoog in vars, hoë kwaliteit produkte wat insluit: volgraan en hoë vesel,  groente, vrugte, maervleis en ander proteïne, suikervrye suiwelprodukte, en gesonde vette soos neute en avokado’s.
  • Vermy hoë suiker kosse wat leë kalorieë is (of kalorieë wat geen voedingswaarde bied nie) soos:  versoette koeldranke, olie-gebraaide kosse, en hoë-suiker nageregte of lekkers.  Oorweeg Stevia produkte of Organiese Klapper Suiker in jou tee of koffie . Heuning, nog ‘n wonderkuur vir vele kwale, kan ook as plaasvervanger gebruik word vir suiker. Nog ‘n wenner-produk is gegeurde suikervrye druppels soos hierdie van Sweetleaf. Dit bevat geen kaloriëe en kom in 2x geure: Tropical Punch  en Mixed Berry. 
  • Vermy hoë volumes alkohol.
  • Oefen vir tenminste 30min per dag, 5 dae per week bvb : stap, aerobiese oefeninge, fietsry of swem.
  • Herken  tekens van lae bloedsuiker tydens oefening bvb: lighoofdigheid, verwarring, swakheid en erge sweet.

Mens kan ook stappe neem om hul ligaamsmassa index (BMI) te verlaag, wat kan help dat jy die toestand kan hanteer sonder medikasies.
(Klik hier om jou ligaamsmassa uit te werk)

Indien jy dus simptome toon van diabetes of prediabetes, spreek jou dokter om die regte diagnose en behandeling te kry.

Kruie vir Tipe 2 Diabetes en Prediabetes:

Kruie kan nie diabetes permanent opklaar nie, maar sommige kruie kan as ‘n aanvulling gebruik word, saam met medikasie en leefstyl aanpassings om die simptome te beheer.
(Klik op die skakels vir meer informasie of om produkte te sien wat hiermee kan help)

  • Aloe Vera:  Mondelings toegedien in ‘n drankie , tee of per kapsule/kristalle .
  • Kaneel: Mondelings toegedien in tee, maaltye of as ‘n aanvulling (tablet form).
  • Bitter Spanspek (Momordica charantia):  Sade, sap, vrugtepulp of kapsule word mondelings toegedien.
  • Melk distel (Milk Thistle): Mondelings toegedien as kapsules.
  • Fenegriek (Fenugreek): Sade word mondelings toegedien in kapsule form, in poeier form of as ‘n krui in sekere maaltye. ( Of groei jou eie! Koop Fenegriek saad )
  • Gemmer: Mondelings toegedien; Vars, in ‘n gemmertee, in gemmerbier of in kapsule form. Mens kry ook deesdae ‘n groot verskeidenheid interessante produkte wat gemmer bevat, soos gemmer-blatjang wat maklik by die dieët gevoeg kan word.
  • Borrie: Mondelings toegedien in poeier form gewoonlik. Dit is ook beskikbaar in Tee, Latte of Smoothie mengsels!
  • Roosmaryn: Mondelings toegedien in enige form.
  • Oreganum: Mondelings toegedien in enige form.

Boererate vir Diabetes:

  • Om lae bloedsuikervlakke te herstel: ‘n Eetlepel heuning onder die tong, glukosetablette, lekkers, ‘n koppie melk, ‘n halwe blikkie koeldrank.
  • Moet liefs nie te veel sout inneem nie, ‘n oormaat sout kan jou kanse op kardiovaskulêre siekte verhoog.

Kennisgewing & Vrywaring: Voordat u enige van die natuurlike middels, kruie of tuisrate op hierdie blad probeer, moet u eers met ‘n dokter of geneesheer raadpleeg. Sommige opsies kan teen bestaande of chroniese medisyne werk. CutiePie en alle betrokke persone in ons diens aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gevalle van nalatigheid met betrekking tot die inligting op hierdie blad nie. Die inligting hier gedeel is slegs vir opvoedkundige doeleindes.

Translate »