Diarree

Wat is Diarree?

Gewoonlik kom diarree voor as gevolg van ‘n virus wat in die ingewande beland. Dit word algemeen na verwys as ‘maaggriep’. Dit veroorsaak stoelgang wat los en waterig is. Maagriep kan ook veroorsaak word deur; Alkohol misbruik ; Allergieë vir sekere voedselsoorte ; Suikersiekte ; Siektes van die ingewande (soos Crohn se siekte of ulseratiewe kolitis) ; Voedsel wat die spysverteringstelsel ontstel ; Besmetting deur bakterieë (die oorsaak van die meeste soorte voedselvergiftiging) of ander organismes ; Lakserende mishandeling ; Medisyne ; Oormatiewe skildklier (hipertireose) ; Bestralingsterapie ; Hardloop (Sommige mense kry “loper se diarree” om redes wat nie duidelik is nie.) ; Sommige kankers ; Chirurgie aan u spysverteringstelsel
en probleme met die opname van sekere voedingstowwe, ook genoem “wanabsorpsie”

Diarree kan ook volg op hardlywigheid, veral vir mense met prikkelbare dermsindroom.

Diarree simptome :

Diarree kan dehidrasie veroorsaak, wat veral gevaarlik is by kinders, ouer volwassenes en mense met ‘n verswakte immuunstelsel.
  • Opgeblaasde maag (winderigheid)
  • Krampe
  • Dun of los stoelgang
  • Waterige stoelgang
  • ‘n Dringende gevoel om die toilet te besoek
  • Naarheid en braking

Ernstiger simptome kan insluit:

  • Bloederige, slymerige of teer-agtige stoelgang
  • Gewigverlies
  • Koors (bo 39 grade Celcius)
  • Diaree wat langer as 2-3 dae aanhou
  • Naarheid en braking wat jou verhoed om enige vaste kosse of vloeistowwe in te neem
  • Ernstige pyn in jou buik of rektum-area
  • Diaree nadat jy ‘n vreemde land besoek het
  • Donker urine
  • Hartkloppings
  • Hoofpyne
  • Vel wat uitgedroog voorkom
  • Verwarring

Diaree kan ontwatering veroorsaak wat ernstige dodelike gevolge kan inhou; veral vir kinders en bejaardes. Kontak dadelik jou dokter of naaste hospitaal se ongevalle eenheid indien jy enige van die die bogenoemde ernstige simptome ervaar.

Wat kan jy doen?

In die meeste gevalle van diarree is die enigste behandeling nodig om verlore vloeistowwe en elektroliete te vervang om dehidrasie te voorkom. Oor-die-toonbank medikasies soos Imodium produkte mag help om diaree stop te sit in volwassenes. Mense met bloederige diaree ( ‘n teken van bakteriele of parasitiese infeksie) moet liefs nie enige van hierdie medisyne of rate gebruik nie.
Medisyne vir die behandeling van diarree by volwassenes kan gevaarlik wees vir babas en kinders en moet slegs met ‘n dokter of geneesheer se leiding gegee word.

Alkohol, melk, koeldrank en gaskoeldranke of kafeïeneerde drankies moet nie vir hidrasie gebruik word nie, aangesien dit u simptome kan vererger.

Kruie vir Diarree:

Sekere kruie kan anti-inflammatoriese eienskappe hê wat kan help met rumatoïede artritis (RA) of osteoartritis (OA)
(Klik op die skakels vir meer informasie of om produkte te sien wat hiermee kan help)

  • Gemmer: Gemmer is ‘n wonderlike anti-inflammatoriese krui/spesery met vele voordele insluitend maag-verwante probleme. Gemmerbier, gemmertee of ‘n rou happie gemmer kan almal help.
  • Kamille/ Chamomile: Mondelings toegedien.  Kamille is anti-inflammatories en help die maagspiere om te ontspan, wat kan help met krampe en spasmas. Kry Kamille tee hier.
  • Pepermint: Mondelings toegedien. Peperment is ‘n nuttige oplossing vir naarheid en maagontsteking omdat die mentol in sy blare ‘n natuurlike pynstiller is. Kou die blare of maak ‘n tee daarmee.

Boererate vir Diarree:

  • Neem ‘n goeie Probiotika:  Probiotika is bronne van goeie bakterie wat ‘n gesonde balans hou in jou spysverteringstelsel ; amper soos mikroorganismes wat voorkom in sekere kosse. Probiotika-ryke kosse sluit in: verouderde sagte kaas, maaskaas, donker sjokelade, groen olywe, kefir, kombucha, suurkool, agurtjies, suurdeeg-brood en jogurt.
  • Eet slegs BRAT (Die engelse afkorting vir: Bananas, Rice, Applesauce, Toast) : Piesangs, wit rys, appels (appelsous, appelsap) en roosterbrood sal die maag help stol en voedingstowwe terug sit in die liggaam. Bly weg van : alcohol, bone, bessies, broccoli, kool, blomkool, kekerertjies, koffie, mielies, roomys, groen blaargroentes, melk, ertjies, pepers en pruime.
  • Drink Bitters en Soda of Gemmerbier : Meeste Bitters handelsname se resepte bevat kruie soos; kaneel, vinkel, ment en gemmer. Hierdie bestandele help almal teen naarheid, onder andere.
  • Appel Asyn: Meng een eetlepel appel asyn, met een eetlepel heuning in ‘n koppie water en sluk dit stadig.  Appel asyn hou die spysverteringstelsel gesond.
  • Meng en drink mielieblom (Maizina) met water –  met of gerasperde appel (bruin word) of oorryp piesang en vars suurlemoensap.
  • Lennon’s Behoedmiddel:  Behoedmiddel is geformuleer om winde, maagpyn, koliek en diarree te behandel. Werk uitstekend.

Kennisgewing & Vrywaring: Voordat u enige van die natuurlike middels, kruie of tuisrate op hierdie blad probeer, moet u eers met ‘n dokter of geneesheer raadpleeg. Sommige opsies kan teen bestaande of chroniese medisyne werk. CutiePie en alle betrokke persone in ons diens aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gevalle van nalatigheid met betrekking tot die inligting op hierdie blad nie. Die inligting hier gedeel is slegs vir opvoedkundige doeleindes.


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »