Grasperk Alternatiewe

Kenners meen alternatiewe tot grasperke is die nuwe omgewingsbewuste “gier”!

Grondbedekkers is glo die beste ekovriendelike oplossing omdat hulle:
• minder water benodig,
• nie gesny hoef te word nie (alhoewel periodieke snoei netheid verseker),
• kan op geloop word (sommiges),
• benodig geen gifstowwe nie en is daarom uiters voordelig vir bestuiwers, voëls en mikro-organismes in die grond!

Grasperke is arbeidsintensief en DORS!
Die deursnee tuinier bestee ongekende bedrae aan petrol of elektrisiteit vir grassnyers, tuindienste, gifstowwe, kosbare water en voeding aan grasperke alleen.

Boonop, volgens n studie deur die Universiteit van Sydney is plaagdoder (herbicides & pesticides) besoedeling so n massiewe probleem tans dat 64% van globale landbougrondgesondheid reeds in ernstige krisis verkeer. Stedelike gebiede loop ook deur. Dit beinvloed varswater bronne, en vergiftig mens, dier, plant en mikro-lewe. Maar wat as daar makliker, goedkoper en meer organiese oplossings is?

Hoe kies mens die regte grondbedekker vir jou?

Kies plante wat eerstens sal werk in jou streek, en soek dan ‘n variëteit wat gepas is vir die area in jou tuin waar jy dit wil gebruik.
Vir grasperkvervangers waaroor jy kan loop ; plant immergroen, mat-vormende plante wat voet-verkeer kan hanteer en min snoei-werk benodig. Bly liefs weg van plante wat blomme produseer op hoë voet-verkeer plekke ; blomme lok ook bestuiwers soos bye.

Hier volg 28 plaasvervangers vir grasperke :

Engelse & Wetenskaplike name word gebruik om verwarring te voorkom.
(Let wel daar is ‘n groot verskeidenheid soorte, en sommige van hierdie sal nie voorkom in sekere streke nie. Sommiges sal meer water benodigVir die beste raad oor inheemse grondbedekkers, raadpleeg jou naaste tuin-sentrum.)

  1.  Wonderlawn –‘n Grondbedekker met donker-groen, klein klawer-agtige blaartjies. Kan goed groei in volson of skadu.
  2. Creeping Thyme / Kruipende Tiemie – ‘n Geurige krui wat kom in ‘n verskeidenheid kultivare. Groei tiepies tussen 7 en 15cm hoog, met dosyne klein delikate pers blommetjies. Groei goed in droë grond.
  3. Dwerg Mondo Gras / Dwarf Mondo Grass – Met digte donkergroen grashalms kan Mondo gras ‘n dik mat vorm op ‘n oppervlak. Dit is droogtebestand en immergroen (heel jaar). Dit kan tussen 5-10cm lank word en groei in beide skadu en son.
  4. Corsican Mint -Kruidsoortige meerjarige plant. Vinnig groeiend en verspreidend. Groei van lopers. Matvormig, beheer erosie. Vol son of gedeeltelike skadu. Kan oor geloop word. Benodig genoeg water om gevestig te raak.
  5. Baby’s tears – Meerjarig. +/- 5cm Hoogte. Goed vir skadu areas wat genoeg water kry.
  6. White thyme / Wit tiemie – Kruidagtige, eetbare, meerjarge plant. Ryp bestand. Vol son. 15cm Hoogte met klein blommetjies.
  7. Lemon thyme / Suurlemoen tiemie – kan ligte voet-verkeer verdra. Vol son. Genoeg water is nodig om gevestig te raak.
  8. Baby Sunrose / Aptenia Cordifolia – Semi-sappige verspreiende grondbedekking met kruipende stingels. Kan sout lug en sanderige grond hanteer. Versprei vinnig in son of skaduwee en klam of droë toestande.
  9. Foxtail / Asparagus Densiflorus – Groen varing. 30cm x 90cm. Vinnig verspreiding. Stingels form wortels wat versprei. Naald-agtige plantblare. Goed vir groot skaduryke gebiede en onder bome. Probleemvry, onderdruk onkruid en beheer erosie. Sterk diep wortels. Kan matige ryp en matige water hanteer. Plant in die reënseisoen om wortels te vestig. Kan tot op die grondvlak teruggesny word.
  10. Licorice Plant / Helichrysum Petiolare – 25 x 60 cm. Groot area. Wellige verpreider. Warm droë gebiede. Hange en rotsagtige grond. Versprei via gewortelde lopers. Sanderige grond; hou nie van klam grond nie en vrek as dit te veel natgemaak word. Ryp bestand. Somer- en winterreënval. Lae waterbehoeftes. Snoei terug om te beheer.
  11. Mos – Mos maak vir pragtige plaasvervangers vir grasperke. Dit benodig geen snoei-werk nie, maar benodig genoeg water en ‘n klam omgewing.
  12. Carpet of Stars / Ruschia Lineolata – 5x 60cm. Vetplant tipe. Digte bedekking en vinnig verspreidend. Vol son tot semi-skadu.Droogtebestand, immergroen, kan sanderige grond hanteer sowel as matige ryp. Moet vervang word elke 3-5 jaar. Winter reënval.
  13. Variegated Mintleaf / Plectranthus Madagascariensus – Sy kruidagtige, goed vertakte groeiwyse lei tot ‘n netjiese en digte meerjarige struik van ongeveer 1 meter hoog wat wortel skiet waar die takke die grond raak. Die donkergroen blare is breed eiervormig met 3-7 paar afgeronde tande, effens harig om aan te raak bo en onder en 35-40 mm lank. Die bekende kultivar ‘Lynne’ het bont blare wat groen is met ‘n opvallende roomwit tot spierwit rand.
  14. Dwarf Spekboom / Portulacaria Afra Protrata – 10 – 20cm hoog. Kruipende, eetbare, matvormende plant. Behou grond en help teen erosie. Son of Skadu. Kan matige ryp en droë grond hanteer. Immergroen.
  15. Little Pickles / Othonna Carnosa– Vinnige verspreider. Vetplant grondbedekker. Goed vir groot areas,hou grond en beheer erosie. Versprei via hardlopers. Droogtebestand. Het nie veel water of sorg nodig nie. Wind en Ryp bestand.
  16. Pachysandra – Hierdie is ‘n skadu-liewende , immergroen plant wat nie gesny hoef te word nie. Dit kan groei tot omtrent 25cm lank, en blom in die lente met wit of pienk bloeisels.
  17. Burgendy Glow / Ajuga – Ook bekend as “buggleweed”, is ‘n bedecker wat slegs 15cm hoog kan word, in alle skakerings van pers, groen en pienk. Vroeg in die somer maande skiet ‘n stingel op met blou, pers of pienk blomme. Wonderlik vir rots tuine.
  18. Creeping Jenny – ‘n Meerjarige, helder chatreuse plant wat rank. Verkies volson maar kan ook gedeeltelike skadu hanteer. Hou van medium tot nat grond.
  19. Angelina Sedum – Hierdie geharde vetplant het vreeslik baie variteite en is baie droogtebestand. Dit is ‘n meerjarige plant en maklik om te groei in vol son.
  20. Asiatic Jasmine – Hierdie immergroen rankplant is wonderlik vir hellings war dit moeilik is om gras te sny. Hy groei so tussen 15cm en 30cm hoog. Sy klein donker-groen blaartjies form ‘n tipe mat en in die lente produseer dit klein wit, geel of pienk blommetjies.
  21. Liriope – Ook bekend as “Monkey grass”. Liriope is ‘n taai immergroen wat droogtebestand is. Dit blom in die somer met pers of wit blomme.
  22. Vinca Minor – Ook bekend as “Perriwinkle”.  Vinca Minor, wanneer dit wild groei kan ‘n area maklik bedek.
  23. Scarlet Flame / Creeping Phlox – ‘n Meerjarige plant wat n dik mat pienk of pers blomme produseer in die lente. Hou van vol son.
  24. English Ivy – ‘n Kontroversiële plant wat kan oorneem. Ivy groei maklik in droë grond en skadu. Snoei om dit onder beheer te hou.
  25. Wild Ginger – Hart-vormige blare vorm ‘n mat van geure wanneer jy daaroor loop.
  26. Lamb’s Ear – ‘n Wollerige, silver-groen blaartipe is waar die plant sy naam vandaan kry. Die plant is bestand teen armer-grond, hoë hitte en word die beste gebruik in vol son.
  27.  Roman Chamomile – Hierdie plante verkies vol son en ruik soos appel wanneer mens boo or dit loop.
  28. Miniature Brass Buttons (Leptinella gruveri) – Vir swaar voet-verkeer areas is hierdie plant ‘n wenner. Verkies skadu.

Watter van hierdie grondbedekkers is jou gunsteling?

 

 


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »