Krimp jou koolstofvoetspoor..

Die term aardverwarming verwys na die langtermynverwarming van die planeet. Die term klimaatsverandering omvat aardverwarming, maar verwys na die wyer verskeidenheid veranderinge wat met ons planeet gebeur.

Aardsverwarming is besig om plaas te vind teen ‘n tempo wat drastiese aandag benodig. Weerpatrone is besig om te verander wat voedsel produksie beinvloed, sowel as seevlakke wat optel en vloede kan veroorsaak oral oor die wereld.Plastiek besoedeling, dessertifikasie, bedreigde spesies…dit is maar ‘n paar van die probleme wat ons tans in die gesig staar.

Lande regoor die wereld is besig om drastiese aksie te begin neem om toekomstige katastrofe te probeer voorkom. Meeste lande, insluitend Suid- Afrika vorm deel van die Vereenigde Nasies en  het reeds in 2015 die volhoubare ontwikkelings doelwitte (Sustainable Development Goals) aangeneem. Alhoewel ons nog nie veel verandering in hierdie rigting gesien gebeur het nie, is dit beslis deel van ‘n globale plan en sal daar verseker in komende jare al meer druk toegepas word op regerings om stappe te neem wat hierdie doelwitte ondersteun.

Soos ons al meer bewus raak van die verwoestende effek wat ons praktyke ( besoedeling, swak landbou tegnieke etc ) op die natuur het, begin al meer mense maniere soek om meer omgewingsbewus te leef. Al voel dit soms of’n individu se impak te klein is om saak te maak, maak elke bietjie  regtig ‘n verskil wanneer meer mense dit begin toepas.


Wat kan ek doen?

1. Spaar Water.

Maak lekkende krane reg. Stop ‘n lopende toilet.  Bou reentuine, voortjies in jou tuin en gebruik deklae om water op te vang. Gebruik gryswater om plante na te ly. Vang reenwater op in tenks. Wees kreatief om en in die huis wat waterbesparing betref. Volg ons vir meer waterwyse-raad.

2. Laat rus jou voertuig.

Dit klink dalk vreemd, maar probeer so min as moontlik rondry. Twee dae se kweekhuisgasse van een voetuig kan sowat 721kg gasse per jaar spaar! Slim beplanning kan jou geld spaar terwyl dit die planeet spaar! Vir kort afstande, maak gebruik van ‘n fiets of stap sommer kaffee toe vir ekstra oefening.

3. Herwin.

Meer as 8 Miljoen ton platiek beland jaarliks in die see.

Jy kan help om besoedeling te verminder deur jou huishoudelike vullis te HERWIN. Papier, Glas, Plastiek, Alluminium, Staal..die lys is lank! Meeste herwinnings fabrieke betaal jou vir jou afval, en jy kan selfs ‘n ruk lank voorraad opgaar voor jy dit gaan inruil vir kontant ( ‘n baie oulike idee vir kinders wat ekstra sakgeld wil verdien of vir fonds insamelingsprojekte). Begin deur jou rommel van mekaar te skei en gooi bvb alle plastiek bottels in een sak. In meeste woonareas is daar entrepreneurs wat rommel bymekaarmaak en mense se vullis daarvoor moet deurgaan. As jy nie lus is om self die rommel weg te ry nie ,maak dit vir hulle maklikker deur die rommel vooraf reeds te skei van mekaar.  Die doel is, om so min as moontlik enkel-gebruik verpakking te laat opeindig op ashope.

4. Hergebruik.

Hergebruik  jou inkopiesakke, produk verpakking (bvb glasbottels) en ander handige items om te voorkom dat dit opeindig op asgate. Volg ons: Doen dit self afdeling vir meer wenner-wenke oor hoe jy ou items kan hergebruik en herskep sodat dit weer nut het.

5. Hervul.

Entrepreneurs in Amerika & Europa het reeds begin om die konsep van Hervulling ‘n realiteit te maak.Dit behels dat jy enige iets wat jy in ‘n winkel kan koop se verpakking weer kan gebruik deur slegs die produk binne -in te hervul. Sulke besighede is besig om te wyd te versprei, en met goeie rede! Enkel-gebruik plastiek is een van die grootste gevare wat ons planeet tans dreig, met sowat 8 miljoen ton wat jaarliks in die see opeindig. Hierdie plastiek breek op en word mikro-plastiek deeltjies wat see en land diere vergiftig. As ons nie gou optree nie, sal ons besoedelende leefstyl alle lewe op die planeet vergiftig, insluitend onsself.

6. Koop Slim.

Nuwe uitvindsels is deesdae amper ‘n daaglikse verskynsel, en verpakking word al slimmer! In plaas van bottels, kry mens sjampoe-koekies om jou hare mee te was, tandepasta-korrels wat plastiekbuise vervang , bamboe-tandeborsels wat afbreekbaar is en metaal-strooitjies wat jy in jou handsak kan saamdra. Hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde!

7. Gee Kompos ‘n kans.

Deur jou kombuis-skille, tuinvullis en ander natuurlike afval in die kompos te gooi doen jy ‘n massiewe guns aan die planeet. Kompos voed jou tuin en die mikro-organismes in die grond wat deel uitmaak van die Permakultuur beginsels van grond-gesondheid.Daarmee saam maak jy ook minder vullis wat na asgate toe moet gaan. Die oomblik wanneer organiese materiale in aanraking kom met plastiek wat afbreek (soos op ‘n ashoop) veroorsaak dit dat toksiese gasse opbou, wat dan bydra tot aardsverwarming.  Volg ons vir meer Kompos idees!

8. Gebruik LED ligte

Kompakte fluorescerende gloeilampe  kan 10x langer hou as gewone gloeilampe en gebruik tenminste twee-derdes minder energie, maar hulle is moeilik om weg te gooi omdat hulle kwik bevat; ‘n hoogs giftige stof. LED ligte kan sowat 25 000 ure hou in vergelyking met ‘n gewone gloeilamp wat slegs 1000 ure kan hou.

9. Leef Energie-Wys.

Maak jou tuiste energie- doeltreffend en spaar geld! Hier kom Permakultuur beginsels weer in, en gaan ons meer in diepte kyk na maniere om dit toe te pas. Energie-wyse oorskakelings kan handel vanaf solar-energie, gas-geysers en ander installeerings wat jou help om krag effektief te gebruik en bespaar.

10. Ondersteun Plaaslik.

Ondersteun boerderye en organiese groente en vrugte markte in jou onmiddelike area. Kies verskaffers wat omgewings-vriendelik is en goeie praktyke handhaaf wat nie jou gesondheid kan beinvloed nie. Verskaffers wat moet aflewer oor ver afstande moet ook meer brandstof en spuitstowwe gebruik om vars produkte se raklewe te verleng.

11. Plant Bome.

20 miljoen nuwe bome sal die aarde van nog 260 miljoen ton suurstof voorsien.

Die VN het aangevoer dat sowat 1 miljard hektaar bome regoor die aarde aangeplant sal moet word indien ons aardsverwarming met 1.5 grade Celsius teen 2050 wil verminder (Lees dit hier). Dis BAIE bome, maar dis heeltemal moontlik. ‘n Enkele jong boom kan kan sowat 5kg se C02 gasse per jaar absorbeer terwyl ‘n boom van 10 jaar kan sowat 21kg per jaar stoor! Bome suiwer die lug en bied skuiling en voedsel vir wilde voëls, reptiele, knaagdiere en goggas, almal noodsaaklik vir die ekosisteem om te funksioneer. Begin vandag en plant ‘n boom! Besoek greenpop.org om ‘n donasie te maak, of om deel te word van hulle span!

12. Plant Kos!

Deur jou eie kos te kweek, spaar jy geld en help die omgewing.

Benut jou tuin, stoep of boerdery tot sy volste en belê in die Permakultuur beginsel daarvan om die spasie te benut waarop jy is. Kweek jou eie organiese voedsel, skep ‘n oase vir bestuiwers, spaar geld ofmaak self

‘n ekstra inkomste daar deur. Volg ons op GROENVINGERS vir meer idees!


 


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »