Tandpyn

Tandpyn is ‘n pyn in of om jou tand. Gewoonlik dui dit aan dat daar iets verkeerd is met die tand of tandvleisie. Tandpyn moet liefs nie ignoeer word nie. Tande kan heeltemal verrot en kan erger word sonder die regte behandeling.

Tandpyn is selde lewensgevaarlik, maar in sommige gevalle kan die ly tot sekondêre infeksies indien dit nie behandel word nie.

Hoe tandpyn voel:

  • ‘n kloppende pyn of swelling in of rondom die tand of tandvleis
  • koors
  • skerp pyn as jy aan jou tand raak of byt
  • sensitiwiteit in of om jou mond en kaak
  • sensitiwiteit of pyn wanneer jy iets warm of koud inneem
  • ‘n brand of skok-tipe pain (wat ongewoon is)

Onderliggende oorsake van tandpyn:

 

Algemene oorsake van tandpyn:

  • Tandbederf (verrotting) – Onbehandelde tandbederf kan absesse of infeksies veroorsaak.
    Sien jou tandarts dadelik indien jy vermoed jy het ‘n abses. In rare gevalle kan die infeksie na jou brein versprei – wat wel lewensgevaarlik kan wees.
  • Soms kan verstandtande pyn veroorsaak. Sien jou tandarts as jy kroniese verstandtandpyn ondervind.
  • Sinusitis is ‘n toestand waarin jou sinusse inflamasie ontwikkel as gevolg van ‘n virale, bakteriële of swam infeksie in die sinus holte. Omdat die wortels van die boonste tande naby aan die sinusse is , kan sinusitis pyn veroorsaak in die boonste tande.

Minder algemeen en rare oorsake van tandpyn:

  • Hartsiekte en long kanker kan ook tandpyn veroorsaak. In sommige gevalle kan tandpyn ‘n waarskuwing wees van ‘n hartaanval.
  • Rare neurologiese siektes wat die senuweestelsel aantas kan ook tandpyn veroorsaak.

Kruie vir Tandpyn:

  • Gemmerwortel : Byt op ‘n stukkie gemmerwortel om die antibakteriële sap op die seer area te kry.
  • Tiemie / Thyme : Wend aan op tand. Gedroog, vars of in olie form.
  • Borrie / Tumeric : Maak ‘n dik pasta met gedroogde borriepoeier en water. Sit op ‘n stukkie watte en byt ‘n paar minute met die seer tand daarop.
  • Peperment/ Peppermint: Wend vars of in olie vorm aan op seer tand.
  • Kamille / Chamomile: Spoel die mond met Kamillie tee, vanilje ekstrak en suurlemoen sap. Dit help vir swelling en om kieme te beveg.
  • Knoffel: Byt op ‘n stuk rou knoffel met die seer tand om die antibakteriële eienskappe vry te stel.
  • Naeltjies / Cloves: Byt ‘n naeltjie vas op die seer area of wend ‘n olie aftreksel aan die tand. Probeer gerus ‘n tandpoeier soos The Apothecary se Lemoen en Naeltjie geur.

Boererate vir Tandpyn:

  • Brandewyn op ‘n watte kan pyn verdoof.
  • Maak ‘n pasta van kaneel en heuning en wend aan seer tand.
  • Meng 2ml koeksoda met ‘n halwe glas louwarm water en neem daarvan, hou dit in die mond. Herhaal tot pyn stop.
  • ‘n Getrekde tand wat aanhou bloei : Stop die bloeding deur op ‘n gesnyde/halwe rosyntjie te byt.
  • Spoel jou mond met soutwater om die area te ontsmet.

Voorkomend:

  • Flos en borsel gereeld jou tande asook jou tong en verhemelte.
  • Besoek gereeld jou tandarts of mondhigiënis.
  • Drink swart tee tussen maaltye.  Teeblare kelder bakterië.

Kennisgewing & Vrywaring: Voordat u enige van die natuurlike middels, kruie of tuisrate op hierdie blad probeer, moet u eers met ‘n dokter of geneesheer raadpleeg. Sommige opsies kan teen bestaande of chroniese medisyne werk. CutiePie en alle betrokke persone in ons diens aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gevalle van nalatigheid met betrekking tot die inligting op hierdie blad nie. Die inligting hier gedeel is slegs vir opvoedkundige doeleindes.


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »