Bestandele & Benodighede:
1x Koekie Sunlight Seep van enige geur/kleur (of enige handelsnaam van jou keuse)
1 x 10L Emmer / Houer
1 x Tregter
1 x Rasper
1 x Lang-steel houtlepel (om te roer)
Houers om in te stoor
8L koue water
2L kookwater
Metode
-
- Rasper die seep en gooi oor in die 10L houer.
- Gooi 2L kookwater by en roer die mengsel tot die seep heeltemal opgelos is (hoe fyner jy dit rasper hoe vinniger sal dit oplos).
- Wanneer afgekoel, voeg 8L koue water by en meng weer goed.
- Gebruik die tregter om die seep oor te gooi in die bottels/houers.
- Gebruik 1-2 koppies seep op ‘n bondel wasgoed.
- Indien die seep te dik is vir jou voorkeur kan jy dit verdun met extra water.