Wasgoed Wenke

Koeksoda Wasgoed Mengsel:

2kg Waspoeier van jou keuse
500g Koeksoda
1kg Growwe sout


Verwyder Reuke uit klere:

  • Gooi ‘n proppie Dettol by wasgoed water.

Verwyder Vlekke uit klere:

Bloedvlekke of Proteien vlekke:

NB: Enige vlekke wat proteiën bevat (bloed/grond ens) moet liefs met koue water gewas word. Warm water “kook”die vlekke in die vesels in van die kledingstukke.

  • Week in Asyn en laat blyk in die son (vir ligte kledingstukke)
  • Spuit Doom op die vlek en vryf met Handy Andy
  • Vryf kolle met onverdunde Witdulsies (van Lennons)
  • Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son.
  • Sodawater of wit asyn kan bloed vlekke uit matte haal.
  • Gooi Dettol op vlekke en laat week in koue water.
  • Bloed wat droog is,week in oplossing van 15ml sout, 15ml ammoniak en 1 liter koue water.
  • Om naellak uit duvet oortrekstel te verwyder gebruik witdulsies of acetone (naellakverwyderaar)
  • Detol (nie savlon) haal vlekke uit. Wend skoon aan en vryf die materiaal liggies tussen jou vingers. Vir hardnekkige vlekke herhaal paar keer. Werk ook vir olie vlekke!
  • Gebruik asyn om deoderant en antiperspirant vlekke van klere te verwyder. Vryf net liggies die vlekke met asyn en was dan soos normaal.
  • Smeer Handy Andy en waspoeier aan,laat droog word en was soos normaal.
  • Gebruik asyn om deoderant en antiperspirant vlekke van klere te verwyder. Vryf net liggies die vlekke met asyn en was dan soos normaal
  • Smeer met pasta van boraks, laat week… Uitstekend vir wit-goed..
  • Smeer kledingstuk goed in met groen koekie sunlight. Laat hard bak in die son en was dan soos normaal.

Gras

  • Spuit “windolene” op grasvlekke en vryf die kledingstuk.. Was dan soos gewoonlik.
  • Gooi Domestos skoon op kolle gras of modder, vryf liggies. (Vir ligte kledingstukke)
  • Doop gras vlekke met pers spiritus, was dan deeglik.
  • Week wit klere en linne in mengsel van ammoniak (Handy Andy) en water.
  • Bedek vlekke op gekleurde materiaal met mengsel van parrafien en gliserien en laat staan vir ‘n uur voordat gewoonweg gewas word.
  • Deurweek die vlek met wit asyn, vryf en was soos gewoonlik.

Haarkleursel (klere)

  • Om haarkleursel uit klere te kry, spuit Doom aan voordat dit droog word. Was dan met sunlightseep en water.
  • Smeer Dettol aan, vryf en was.
  • Domestos haal kleursel vlekke uit.
  • Witdulsies haal vlekke uit.

Ink

  • Meng 1 eetl wit asyn, 1 eetl melk, 1 teel Boraks en 1 teel suurlemoensap. Smeer aan ink kol, los vir omtrent 10 min, dep dan met ‘n skoon spons/lap en koue water totdat die kol weg is.
  • Gebruik witdulsies, brandspiritus of gliserien en ‘n paar druppels ammoniak.
  • Week in Dettol, vryf bietjie en was dan gewoonweg.
  • Gebruik brandspiritus (methylate spirits), alkohol of haarspoei (die tipe met alkohol in en wat in ‘n blik verkoop word) om Balpunt pen ink-kol te verwyder. Sit die gevlekte materiaal op ‘n droë stuk watte. Deurweek nog ‘n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met ‘n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei goed aan die vlek, laat staan vir 30 min, en dep met skoon stukkies watte of spons en koue water Dit sal dalk nodig wees om die proses ‘n paar keer te herhaal..
  • Jy kan ook eau-de-cologne ( te koop by apteke) of wit tandepasta gebruik (nie gel soort).
  • Maak skoon met brand spiritus, vryf dan suurlemoen oor en was.
  • Die groen blik Doom kan ink vlekke verwyder. Spuit op en vryf. Was dan soos gewoonlik of herhaal soos nodig.
  • Skeerroom (die room, nie die gel) Spuit ‘n bietjie aan die merk, wag 30 min, spoel dan onder koue water terwyl liggies gevryf word met vingers.

Kerswas

  • Plaas artikel in ‘n plastieksak in die vrieskas vir ‘n paar uur. Die was sal hard word en maklik afkrap.
  • Plaas bruinpapier of koerantpapier oor vlek en stryk met warm yster daaroor.
  • Vir gekleurde was, was artikel met brandspiritus en spoel uit.
  • Skraap die harde stukke af, vryf dan die kol goed met parafien en was dan met warm seepwater

Koffie & Tee

  • 4 liter louerige water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so bietjie meer as `n proppie detol. Week omtrent `n uur, gooi alles net so in wasmasjien en was.
  • Meng 1 kop sunlight Liquid, 1 kop Jik en 7 teel koeksoda op 2 liter warm water. Spuit op vlekke en laat staan ‘n paar minute. Was soos gewoonlik.
  • Maak ‘n mengsel van gliserien en die geel van ‘n eier. Wend aan en laat droog word. Was in koue water.
  • Koffie merke op matte moet dadelik behandel word. Skrop met Boraks en warm water. Werk vloeibare ontsmettingsmiddel (Dettol) in kol in, spoel dan goed met lou-warm water.
  • Teevlekke kan in mengsel van borax en warm water geweek word, voordat gewas word.
  • Smeer boraks oor en gooi kook water deur.
  • Gooi Handy Andy (Ammoniak) by wasgoed, sal klere spierwit maak en oliekolle en hardnekkige vlekke verwyder.
  • Gooi wit asyn op kol, spoel en was dan soos gewoonlik. Herhaal as nodig.

Kraag van hemde

  • Maak ´n pasta van drie dele koeksoda en twee dele wit asyn en vryf dit aan die kraag. Laat staan vir ‘n uur, was soos normaal.
  • Gooi Handy Andy (Ammoniak) op, laat staan vir ‘n paar uur, vryf en was dan soos gewoonlik.
  • Smeer haarsjampoe aan, vryf bietjie, en was gewoonweg.

Kougom

  • Kook wit asyn, en gooi kokende asyn oor die kougom, dit sal oplos!
  • Verwyder kougom uit jou klere deur die taai kol met grondboonbotter te smeer. Vryf en was soos normaal.
  • Vryf ‘n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. Dis geskik vir vloere, matte, teels en materiaal.

Gom

  • Brandewyn op gom kolle.
  • Spyt Doom op die gom en vee dit af met ‘n lappie.Was soos normaal.

Boomgom

  • Vryf met Bloekomolie.
  • Spuit Doom op, los ‘n rukkie en vryf dan met Sunlightseep, was soos gewoonlik.

Lipstiffie of grimering

  • Vryf merk liggies met wit asyn of suurlemoensap.
  • Vryf met gliserien en week vir ‘n paar uur.
  • Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie.
  • Gooi Handy Andy op vlek, vryf goed en was dan soos gewoon. Gebruik asyn in uitspoelwater.
  • Parfuum vlekke: Werk Gliserine met ‘n sagte borsel in die materiaal in en spoel uit met warm water.

Linne

  • Om linnegoed wit te maak :Sny ‘n dik skyf van ‘n skoongemaakte suurlemoen. Sit dit saam met die linne in ‘n pot as dit gekook word. Die suurlemoen neem al die vlekke uit die linne uit en maak dit mooi wit.
  • Gooi Handy Andy by wasgoed, sal klere spierwit maak en oliekolle en hardnekkige vlekke verwyder.

Modder/Grond

  • Was in water waarin aartappels gekook is.
  • Vryf met sunlightseep, laat rukkie in die son lê, was dan gewoonweg.
  • Wit Lux seep haal moddervlekke uit.
  • Smeer dik met groen Sunlight seep en laat lê in son tot broek droog is. Druk weer in water in vryf aanhoudend. (Wit klere)
  • Domestos. Meng dit met bietjie wasgoedseep.
  • Week in Sterri Nappy oornag.

Olie, Vet, Ghries, Diesel vlekke ens

  • Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep. Dit laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon.
  • Laat klere in Boraks water week vir paar uur, was dan gewoonweg.
  • Was vlekke met Ammoniak – haal dit onmiddellik uit. Gooi Handy Andy by wasgoed, sal klere spierwit maak en oliekolle en hardnekkige vlekke verwyder
  • Spuit met haarsproei (die blik soort met alkohol basis) .
  • Vryf olie- en vetvlekke op klere met bensien. Was dan soos gewoonlik en hang op om droog te word.
  • Spuit Doom (groen blik) op vlekke, vryf goed en was.
  • As jy olie op jou klere gemors het spuit Doom daarop en stryk dit net so ongewas dit vat die olie uit die klere uit en daarna kan jy dit was.

Oorpakke:

  • Gooi paraffien by die water waarin die oorpakke geweek word. As dit baie vuil is kan tot 250ml paraffien bygevoeg word.
  • Week in Sanpic of Pine Gel (groen) en was dan normaalweg. Verwyder vuil en slegte reuke.
  • Gooi Coke oor – laat le vir ‘n uur en was.

Roesmerke

  • 4 liter water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so ongeveer`n proppie dettol. Week omtrent `n uur, was dan soos normaal.
  • Deurweek merke met mengsel van suurlemoensap en sout, laat bleik in die son.
  • Mengsel van lemoensap en sout sal roes uit linne haal. Vryf mengsel aan kol en laat staan vir een uur. Was met Sunlightseep.
  • Vryf met ‘n pasta van suurlemoensap en sout en bleik in die son -Kook in ‘n oplossing van 60ml wynsteensuur by 500ml water.
  • Gelyke dele sout en wynsteensuur. Maak die kol nat, en bedek dan dik met mengsel, en hang dan in die son vir ‘n paar uur. Was dan normaalweg.
  • Gooi koeksoda op kol. Druk suurlemoensap bo-oor. Laat staan tot droog. As kol nog nie uit is, herhaal.
  • Vryf roeskolle met `n stuk tamatie. Was daarna soos normaal. Die vlekke sal verdwyn. As dit dalk hardnekkige vlekke is, herhaal net dieselfde proses tot die vlekke heeltemal verdwyn.
  • Gooi asyn oor die roeskol, vryf dan growwe sout in die vlek in (gewone tafelsout sal ook doen). Plaas kledingstuk in die son om droog te word, en was dan soos gewoonlik.

Skroeimerke (Strykyster)

  • Doop in verdunde peroksied en vryf dan die skroeimerk. Stryk dan oor dit met ‘n strykyster en die merk sal verdwyn.
  • Vryf met ‘n stukkie ui, en week dan in water.
  • Spoel dadelik met koue lopende water. Spons met Borax en water.
  • Maak merk baie nat en smeer goed met sunlightseep. Vryf liggies tot die merk vol skuim is, sprinkel die skuimerige merk vol wynsteensuur, en hang kledingstuk in direkte sonlig waar daar nie wind waai nie, anders word dit te gou droog. Die merk sal geleidelik verdwyn.

Sjokolade

  • Skraap af wat jy kan met ‘n mes, spoel met koue water. Spons die agterkant van die vlek met enige vlekverwyderaar. Wit asyn kan ook gebruik word.
  • Meng 4 eetl Boraks met 2 ½ kop warm water, en week kol daarin. Spoel dan af met koue lopende water. As merk nog wys, vryf met Sunlightseep, en was soos normaalweg.
  • Week in Sodawater vir ‘n paar uur en was dan gewoonweg.

Staysoft (Versagter) merke

  • Was weer en spoel in asyn en engelse sout (epsom salt) water. Moenie staysoft gebruik nie.
  • Probeer die groen blok sunlight seep vryf goed in die vlek en los ‘n rukkie en was dan.
  • Week die vlek in wit asyn. Los dit ‘n rukkie en was dan soos normaal.
  • Moet nooit staysoft gebruik by wit of ligte kleure nie, gebruik asyn in jou laaste afspoelwater.

Sweet merke

  • Los drie aspirien tablette op in warm water en week die vlek daarin vir ‘n paar uur. Was dan soos normaal.
  • Smeer Handy Andy op die vlekke, vryf en was dan soos normaal.
  • 4 liter water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so bietjie meer as `n proppie detol. Week omtrent `n uur, en was dan soos normaal.
  • Wend onverdunde Detol aan en vryf skoon. Was dan soos normaal.
  • Smeer Handy Andy en Sodawater aan merke, week ‘n uur, en was dan normaalweg.
  • Meng een deel Sunlight liquid of Handy Andy met 2 dele Hydrogene Peroxide Solution. Gooi oor vlekke en laat staan vir ‘n uur. Vir hardnekkige vlekke kan 2 eetl koeksoda bygevoeg word en  gevryf word. Was soos normaal.
  • Week kledingstuk in vuur warm water en ´n koppie wit asyn. Gebruik ´n houtlepel om dit nou en dan om te roer. Week dit vir 1 uur en was dan soos gewoonlik.
  • Meng een deel water met vier dele waspoeier en smeer dit aan die plekke (aan die binnekant van die klere). Laat dit vir een uur staan en borsel dan liggies. Spoel die kledingstuk skoon met koue water. Week dit dan oornag in koue water gemeng met vier eetlepels waspoeier. Was dan soos normaalweg.

Teer op klere

  • Teerkolle op klere kan verwyder word deur bloekomolie op die kolle te smeer en dit daarna met warm water te was.
  • Deurweek merk met gliserien. Laat dan in Benzine week, voordat gewas word met water waarby ammoniak gevoeg is.

Urine merke

Was in koue water. Spons enige oorblywende merke met mengsel van een eetlepel asyn op twee koppies water.

Verf aan klere

  • PVA: Om verf van gekleurde materiaal te verwyder, doop die kol in terpentyn, vryf, en doop dan in ammoniak, vryf weer en was dan in warm water.
  • Olie verf: Behandel so gou as moontlik! Dep met wit Spiritus of witdulsies, en was dan soos gewoonlik.

Vetkryt uit materiaal

  • Krap die meeste af met mes, neem dan bloekomolie om mee skoon te maak.
  • Vryf asyn in die merke in met ‘n ou tandeborsel. Was dan soos gewoonlik.

Vrugte vlekke

  • Gooi dadelik sout oor. Week in seepwater waarby Borax gegooi is.
  • Week in koue water, vryf dan met spiritus.
  • Gooi suurlemoensap oor voordat gewas word.
  • Vlekke op nie-wasbare materiaal kan met wit asyn verwyder word. Behandel slegs die vlek, en vee dan af met klam lap.
  • Week in ‘n sterk oplossing van Boraks, was dan gewoonweg.
  • Maak vlek nat met water, vryf met Boraks, en gooi dan kokende water deur die vlek.

Wit klere wat gevlek is deur saam met ander klere te was

  • Meng 1 kop sunlight Liquid, 1 kop Jik en 7 teel koeksoda op 2 liter warm water. Spuit op vlekke en laat staan ‘n paar minute. Was soos gewoonlik.
  • Meng 4 eetlepels koeksoda met 1 koppie wit asyn en meng met kook water. Gooi klere in en week vir ten minste 3 ure. Was dan normaal weg.
  • Week dit in Sterri Nappi oornag. Gooi dan ook Sterri Nappi saam met waspoeier in wasmasjien as jy dit was. Dit was katoene, wolle, ens. en dit het niks skade aan die klere aangebring nie, maar die klere weer mooi wit.
  • Maak pasta van gelyke dele koeksoda en waspoeier. Voeg ‘n bietjie Pers Spiritus by om die pasta te maak. Smeer dit oor alle kolle/vlekke en vryf dit bietjie in, los dit oornag en was dan die volgende dag.
  • Smeer dik met sunlight koekie seep, en hang ‘n paar uur in son op om droog te word, was dan gewoonweg.
  • Smeer kledingstuk goed in met groen koekie sunlight. Gooi 4 eetl koeksoda en 1k wit asyn in water. Druk kledingstuk onder baie warm water. Roer nou en dan. Week so 3ure.
  • Handy Andy haal vlekke baie goed uit. Gooi by wasgoed.
  • Week in dik blykmiddel soos Domestos (slegs vir wit klere)
  • Meng 4 eetlepels Koeksoda met 1 koppie wit asyn en meng met kook water. Gooi sokkies of klere in en week vir ten minste 3 ure. Was dan normaal weg.

Kledingstukke waarvan die kleure deurmekaar gevlek het

  • Laat kledingstukke oornag week in water waarin 4 pakkies Engelse sout opgelos is.

Wyn

  • Gooi wit wyn op rooi wyn, of wit asyn, en dan gewone wit tafel sout bo oor. Laat staan vir so uur, vryf bietjie en was normaal.
  • Gooi dadelik sodawater op vlek.
  • Week kledingstuk in mengsel van een eetlepel borax op 500ml warm water, voordat gewas word soos normaal.
  • Vryf met mengsel van suurlemoensap en sout.

Het jy enige wasgoed-wenke wat werk?

Stuur dit vir ons na: wenke@cutiepie.co.za!


Sommige van die artikels op die CutiePie webstuiste bevat skakels wat lei na geaffilieerde produkte en verskaffers wat ek graag onderskryf en ondersteun.

Teen geen ekstra koste vir u, verdien ek ‘n klein kommissie indien u enige produkte deur middel van hierdie skakels aankoop. CutiePie bedank u byvoorbaat vir u ondersteuning!

Translate »